Art – Orban School | Skool https://orbanskool.co.za Leer Leef • Learn To Live Mon, 04 Sep 2023 11:45:54 +0000 en-ZA hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.0.6 https://orbanskool.co.za/wp-content/uploads/2017/06/cropped-Orban-Logo_clean-32x32.png Art – Orban School | Skool https://orbanskool.co.za 32 32 Mandela-dag: gee met graagte https://orbanskool.co.za/2023/09/04/mandela-dag-gee-met-graagte/ Mon, 04 Sep 2023 11:43:55 +0000 https://orbanskool.co.za/?p=4051
Vir Mandela-dag het ons twee projekte aangepak.
Ons het 450 toebroodjies vir kinders by die Fred en Martie Sopkombuis in Claremont gemaak. Al ons leerders het aan hierdie projek deelgeneem. Die laerskoolkinders het die broodjies
gesmeer en die kleuterskool het die toebroodjiesakkies versier. 
Die Graad 7’s het die broodjies by die sopkombuis gaan aflewer en aan die kinders uitgedeel.
Dit het die hele skool meer as 3 ure geneem om 450 broodjies te maak. 
Ouers het brood, margarien, konfyt en grondboontjiebotter geskenk. 
 
Ons tweede projek het reeds laas kwartaal begin. Ons het ons leerders, ouers en onderwysers, sowel as die terreinpersoneel gevra om soveel moontlik blokkies te brei, sodat ons komberse
aanmekaar kan werk vir 756 blankets. Ons het twee brei-en-hekel-werkswinkels gehou: een vir ouers en kinder en een vir ons terreinpersoneel. 
Die Orban-gemeenskap het saam 345 blokkies gebrei! en behoort, nadat alles vasgewerk is, 12 komberse te maak. 
 

[ngg src=”galleries” ids=”8″ display=”basic_thumbnail” thumbnail_crop=”0″]

]]>
Wêreld-brei-en-hekel-in-die-publiek-dag https://orbanskool.co.za/2023/09/04/wereld-brei-en-hekel-in-die-publiek-dag/ Mon, 04 Sep 2023 11:36:06 +0000 https://orbanskool.co.za/?p=4005
Saterdag 10 Junie was Wêreld-brei-en-hekel-in-die-publiek-dag en ons Orban-gemeenskap het bymekaar gekom om vierkante te begin brei/hekel vir 67 – een van ons Mandela-dag-projekte. Dit was ’n feestelike oggend en werkswinkels is aangebied
vir kinders/ouers/personeel wat wil leer brei of hekel. Ons het gevra dat die blokkies in die skool se huiskleure gebrei word: Pyra (rooi), Terra (groen) en Hydra (blou). Hydra het die meeste blokkies gebrei (150), Pyra was tweede (98) en Terra derder (89). 
 

[ngg src=”galleries” ids=”6″ display=”basic_thumbnail” thumbnail_crop=”0″]

]]>
Ouerwaarderingsdag https://orbanskool.co.za/2023/09/04/ouerwaarderingsdag/ Mon, 04 Sep 2023 11:24:26 +0000 https://orbanskool.co.za/?p=3992
1 Junie was Wëreld-ouerwaarderingsdag. Om dit te vier het Orban se personeel ’n verrassing vir ons ouers gereël. 
Ons onderwysers het die ouers gegroet met banniere en plakkate wat dankie sê vir hulle betrokkenheid by hulle kinders en ons skool
en vir hulle toegewyde ouerskap.
Ons kinders het Waarderingskbewyse gemaak vir elke ouer een gegee wat die ouer dan in staat stel tot ’n ekstra drukkie of ’n huistakie, soos ’n
ekstra beurt vir hulle kind om skottelgoed te was.
Al ons kinders het ’n groot hart op die speelgrond gevorm en “LIEF VIR JULLE” uitbasuin, sodat elke ouer wat daar was kon hoor.
 

[ngg src=”galleries” ids=”6″ display=”basic_thumbnail” thumbnail_crop=”0″]

]]>
ONS KLINK OP ONS TOASTMASTERS https://orbanskool.co.za/2023/09/04/ons-klink-op-ons-toastmasters/ Mon, 04 Sep 2023 10:59:37 +0000 https://orbanskool.co.za/?p=3969 Elke Graad 7 in Orban het Toastmasters se amptelike Leierskap-en-kommunikasieprogram voltooi en is nou gestertifiseerde Toastmasters.
Die kursus is gedurende hulle Engelse periode in Kwartaal 1 by die skool aangebied as deel van hulle Engelse kurrikulum en leierskapopleiding.
Op 4 Mei het die hele groep aan ’n Toastmasters-vertoonaand by die skool deelgeneem – elk as ’n rolspeler of spreker.
Rolspelers sluit in:
  • tydhouer
  • evalueerder
  • taalkenner
  • um-en-aaa-teller
 
Sprekers sluit in:
  • voorbereid
  • onvoorbereid
  • seremoniemeester

 

[ngg src=”galleries” ids=”5″ display=”basic_thumbnail” thumbnail_crop=”0″]

]]>