2 tot 4 jaar oud en Graad RR

In Orban se kleuter- en Graad RR-klasse het jul kinders die vryheid om ons ruim, boom-omringde speelgrond, met ‘n uitsig oor die Melville-koppies, van hoek tot kant te ontdek. Wees gerus, jul kinders is veilig en in sorgsame hande. Ons bekwame onderwysers bevorder graag leeruitkomste deur middel van spel – in die klas, sowel as in die vars buitelug.

Ons het beheerde toegang, streng heksekuriteit en ‘n sorgvrye omgewing waarbinne jou kinders hulle harte uit kan speel. Hier ontwikkel hulle grootmotoriese en fynmotoriese vaardighede, hulle brei hul woordeskat uit en leer om hulself met vasberadenheid en selfvertroue uit te druk deur met maatjies te sosialiseer en empatiseer.

In ons Pikkewynklas is die 2-4-jarige kleuters op ‘n nimmereindigende ontdekkingsreis. Moenie die krag van hulle verbeelding onderskat nie – die wêreld het allerande moontlikhede.

Die Graad RR’e bevind hulle in die Skatkisklas, waar hulle die vaardighede vasmaak wat hulle in die Pikkewynklas aangeleer het.

Ons Six Bricks Lego-program vorm die grondslag van hulle kennisverwerwing in vakke wat hulle later in die laerskool gaan aantref: Wetenskap, Ingenieurswese, Tegnologie en Wiskunde.

2-4 years old
Lewensvaardigheid
Wetenskap
Taalvaardigheid
Musiek
STEAM
Grade R
Kuns

Juffrou: Annalize Els

2-4 years old

Assistent: Lauretta Masetloa