Musiek, Kuns, Drama en Dans vorm deel van ons kurrikulum. Hier floreer kinders. Hulle leer om hulself uit te druk deur die kunste en ontwikkel vrydenkende, kreatiewe en intellektuele verstand.

Formele musiek, kuns, drama en dans vorm deel van ons kinders se leerplan van Graad R tot Graad 7. Hier kan ons kinders blom. Hulle leer om hulself deur middel van die kunste uit te druk en so vrye, skeppende en skerp intellektuele denke te ontwikkel. Ons besonder dinamiese kunsdepartement mentor ons kinders op ‘n manier wat verseker dat hulle met selfvertroue voor ander kan optree en dit geniet om kuns te skep.

 

Jaarlikse verhoogproduksie
Die span se onuitputbare energie en geesdrif het elke jaar ‘n professionele verhoogproduksie tot gevolg en elke laerskoolleerder is hierby betrokke. Ons Graad 7’s vertolk almal ‘n hoofrol en ontvang elkeen ‘n gedrukte teaterteks om so hulle woorde te leer. Vorige produksies sluit in The Little Mermaid, Seussical, Xanadu (Suid-Afrikaanse premiére) Peter Pan, Fame Jr, Alice in Wonderland, Mulan and more.

Eisteddfod Achievers
AAl ons laerskoolleerders het die geleentheid om aan die Nasionale Eisteddfod (NEA) deel te neem en die 2023 seisoen begin binnekort.
Ons dra die onoorwonne kroon as wenner van die Nasionale Eisteddfod Toekennig vir die Beste Algehele Prestasie deur ‘n Instansie in die Johannesburg-streek vir 11 opeenvolgende jaar (2010-2021). In 2022 kry ons dit reg om 2de plek nasionaal te behaal vir Instansie met die Beste Algehele Prestasie in die land.

Jaarlikse kunsuitstalling
Ons bied jaarliks ‘n kunsuitstalling aan en elkeen van Orban se leerders neem hieraan deel. Elke kind se kunswerke word uitgestal, sowel as dié kunswerke wat deur die jaar vir die Eisteddfod ingeskryf was.