Orban is ‘n dubbelmedium laerskool met uitstekende onderrig in Afrikaans en Engels.
Ons akademiese fokus
Taaldiversiteit
Ons glo dat die taal van onderrig net so belangrik soos die inhoud is. Dis hoekom ons onderrig in beide Afrikaans en Engels as huistaal aanbied. Ons het een Engelse en een dubbelmedium klas per graad. Vanaf Graad R bied ons ook Zoeloe as tweede addisionele taal aan. Taal is ‘n voertuig waarmee ons ons gedagtes en gevoelens meer akkuraat kan uitdruk.
Klein gefokusde klasse
Ons onderwysers word met die hand uitgesoek en aangestel vir hulle kwalifikasie en nodige kundigheid in elke studieveld. Klasse is nooit groter as 20 leerders nie – dit verseker dat ons kinders die nodige persoonlike aandag en optimale ondersteuning deur die jaar en regdeur hulle laerskoolloopbaan ontvang.
Innoverende Onderrig
Orbanskool het vier kwartale en volg ‘n verrykte weergawe van die CAPS-kurrikulum in alle leervelde: Taal, Lewensvaardigheid, Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe, Wiskunde, Tegnologie en Zoeloe, sowel as Rekenaars en Liggaamsoefening. Orbanskool se leeraanbod sluit die STEAM-benadering in, wat kinders voorberei wetenskaplike en rekenaargebaseerde navorsing, deur verrykte vaslegging van vaardighede in Wetenskap, Tegnologie, die Kunste en Wiskunde.
Kuns en Kultuur
Kuns, Drama en Dans vorm deel van ons kurrikulum. Ons dinamiese kunsdepartement verseker dat ons leerders dit geniet om op te tree en dit met selfvertroue doen. Kliek hier onder om te sien hoe ons kreatiewe uitdrukking deel maak van jul kinders se daaglikse leerervaring.
Sport
Ons integreer beweging in ons daaglikse klasprogram en moedig deelname aan georganiseerde sport aan. Ons bied verskeie sportsoorte in die middae aan, asook liggaamsoefening gedurende die skoolweek.
Ons laerskoolpersoneel
Grondslagfase

Juffrou: Padré Swanepoel

Juffrou: Adéle van der Bergh

Intersenfase

Juffrou: Carla Lourens

Juffrou: Onickè Swanepoel

Meneer: Ryno Effenberger

Juffrou: Estelle Horn

Juffrou: Zita Muller

Juffrou: Barbara Scholtz

Meneer: Riyad Randles









