Ons etos

Die Orban-gees gedy in ‘n positiewe omgewing. Ons leuse is leer leef. Die konsep “leer” verwys na die verwerwing van betekenisvolle kennis en vaardighede wat leerders lewenslank sal toerus – nie net in die toekoms nie, maar ook in die hede. Die konsep “leef” verwys na die leerder se geheelervaring van skoollewe as beduidend en pret.
Ons bereik hierdie aspirasies binne die warm en vriendelike atmosfeer by die skool. Ons verwelkom ons leerders met ope arms by die skool en streef daarna om ‘n familie-gevoel te skep. Ons benadering is een van aanvaarding en ons sien elke leerder as ‘n waardevolle individu met unieke karaktertrekke wat ons mettertyd ontdek en aanmoedig, soos ons elke kind se potensiaal sien ontvou.
Ons onderwysers hou die vaandel van ons etos hoog deur toeganklik en gewillig te wees om ‘n positiewe verhouding met elke kind en sy/haar ouers te handhaaf.

Ons skoolhooftheneem die voortou

Ontmoet Orban se skoolhoof, Liz van Tonder. Sy is ‘n dinamiese leier met die ware, inherente geloof dat elke kind uniek, spesiaal en talentvol op verskeie maniere is. Haar positiewe instelling en onblusbare gees gee Orban se personeel die vlerke wat hulle nodig het om ‘n meetbare verskil in ons gemeenskap te maak. Liz stel persoonlik in elke kind belang en sy het altyd tyd vir ‘n glimlag.

Verwelkom innovering en nuutskepping

Wat ons uniek maak, is ons pasgemaakte benadering tot studie en dissipline. Skoolhoof Liz omhels innovering en maak verskillende benaderings en leermetodes deel van ons onderrig-aanbod om ons leerders ‘n akademiese voorsprong te gee en ons op die voorfront van nuwe ontwikkeling en neigings te plaas.

Phono-Graphix, Six Bricks en die STEAM-benadering

Phono-Graphix is waarlik ‘n suksesvolle metode om ons kinders te leer lees. Die implementering van Lego se Six Bricks-program vir kinders van alle ouderdomme is gemik op geheue-ontwikkeling, bevordering van konsentrasie, fokus en probleemoplossing, sowel as kreatiwiteit in die klas. Orbanskool inkorporeer die STEAM-benadering en berei ons leerders voor vir wetenskaplike en rekenaarnavorsing, deur basiese, fundamentele vaardighede in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese, die Kunste en Wiskunde oor vakgrense heen te konsolideer.

Ons filosofie van Positiewe Dissipline

Sonder die nodige dissipline kan leerders nie hulle volle potensiaal bereik nie. Orban se filosofie is om kinders deur middel van positiewe versterking te dissiplineer, sowel as deur middel van konsikwente toepassing van ons 5 skoolreëls wat geld vir alle leerders – van kleuter tot Graad 7:
1. Volg die instruksies die eerste keer wat dit gegee word.
2. Hou jou hande, voete, voorwerpe en lelike woorde vir jouself.
3. Luister wanneer iemand anders praat.
4. Kyk mooi na alle eiendom.
5. Toon gepaste gedrag.

In die kleuterskool moedig ons positiewe gedrag aan en beloon dit met ‘n sterrekaartstelsel. Afkoeltyd dien as korrektiewe dissipline. In die laerskool word plakkers en handtekeningkaarte gebruik om goeie gedrag te beloon en ‘n herinneringstelsel is in plek as korrektiewe gedrag