Ons Graad R Klasse

Ons Graad R’e word as ons kleuterleiertjies beskou. Hoewel baie van hulle leervaardighede steeds deur spel aangeleer word, raak hulle dagprogram meer formeel en gestruktureerd. Die fokus is nie alleen daarop gemik om hulle te leer lees en skryf in hierdie eerste jaar van hulle grondslagfase nie, maar ook om die selfvertroue by elkeen te kweek om kennis te kan inneem en die wêreld te sien as ‘n bron van eindelose moontlikhede. Speel vorm steeds die basis van ons leerplan en ons stel meer vaardighede en nuwe uitdagings aan hulle bekend.

In Graad R begin ons kinders twee prominente lewensvaardighede ontwikkel: Probleemoplossing en debatering. Ons vra vrae, dink oor al die moontlike antwoorde en leer van vroeg af reeds dat daar ten minste twee kante aan elke storie is.

Ons het ten doel om jou Graad R met selfvertroue en ‘n sin van selfvervulling toe te rus en om trots daarop te wees as hulle iets bereik het – dit help hulle om toekomstige studie met groter geesdrif aan te pak. Ons sien jaarliks hoe ons Graad R’e gemaklik na die laerskool toe oorskakel en hulle Graad 1-jaar met groot sukses voltooi.

2-4 years old
Lewensvaardigheid
Wiskunde
Taalvaardigheid
Mini-sport
Zoeloe
Drama
Musiek en Dans
STEAM
Grade R
Kuns

Ons Graad R-personeel: 

Juffrou: Simoné Fourie

 

Assistent: Dineo Mmolutsi

Juffrou: Michele Zulch (Drama)

 

Meneer: Stephen Hawkins (Dans)

Juffrou: Dudu Cele (Zoeloe)

 

Juffrou: Taryn Oosthuizen (Rekenaarstudie)

Juffrou: Nicolette Garraway (STEAM-laboratorium)