Vir Mandela-dag het ons twee projekte aangepak.
Ons het 450 toebroodjies vir kinders by die Fred en Martie Sopkombuis in Claremont gemaak. Al ons leerders het aan hierdie projek deelgeneem. Die laerskoolkinders het die broodjies
gesmeer en die kleuterskool het die toebroodjiesakkies versier.
Die Graad 7’s het die broodjies by die sopkombuis gaan aflewer en aan die kinders uitgedeel.
Dit het die hele skool meer as 3 ure geneem om 450 broodjies te maak.
Ouers het brood, margarien, konfyt en grondboontjiebotter geskenk.
Ons tweede projek het reeds laas kwartaal begin. Ons het ons leerders, ouers en onderwysers, sowel as die terreinpersoneel gevra om soveel moontlik blokkies te brei, sodat ons komberse
aanmekaar kan werk vir 756 blankets. Ons het twee brei-en-hekel-werkswinkels gehou: een vir ouers en kinder en een vir ons terreinpersoneel.
Die Orban-gemeenskap het saam 345 blokkies gebrei! en behoort, nadat alles vasgewerk is, 12 komberse te maak.
[ngg src=”galleries” ids=”8″ display=”basic_thumbnail” thumbnail_crop=”0″]


